Sales Vryburg: 053 927 3941/2/3

Email Vryburg: vec@vryburg.co.za

Address Vryburg: 2 Schweizer Road, Industrial Area

Upington Office sel: 054 337 9050

Email Upington: vecupington@gmal.com

Address Upington: 69 Schroder Street, Upington, 8800

Our Story


“VEC staan vir VRYBURG ELECTRICAL CONTRACTORS, waarmee ek begin het vanaf ‘ vorige eienaar wat oorlede is in die jaar 1961, Mnr. Lombaard.
Die totale voorraad plus 1 Datsun bakkie was R14 000.00. Met die kontrakteurs besigheid het ek vir ‘ paar jaar aangehou.
My oorlede moeder het my bygestaan in die winkel. Geboue se bedrading soos O.K. Bazaars, Old Mutual, Die Poskantoor, Huis Nico Malan, Huis Hannes Du Toit is deur myself bedraad.

In daardie tyd het ek my eksamen (trade test) gaan doen en geslaag. Daarna het ek besluit om die naam VEC te verander na VEC ELEKTRIESE GROOTHANDELAARS. My twee seuns Hendrik en Rudi het na Tegnikon in Bloemfontein by my hier in Vryburg aangesluit in die besigheid en ons het die Groothandelaar uitgebrei tot waar dit vandag is.
Daar word beweer dat VEC die oudste eenmansaak in Vryburg is.

Baie dankie vir almal wat my bygestaan het om ‘n groot sukses van die besigheid te maak.”

– HENDRIK JACOB STOLS